Storie
Oorkant of aan die anderkant van die groot rivier,afhanged aan watterkant 'n mens staan,het 'n spesiale apie gewoon. Hy het 'n rustige lewe gely tot die Ruimteprogram die hele Afrika in 'n slagveld omskep het.Die apie en sy broer, Martine, het aangesluit by die "Monkey Fist Resistance" in ballingskap, in 'n poging om die aaklige einde van hulle groot voorvader Gordo te vermy. Na vele epiese veldslae teen die CIA en weldadige konfrontasies met die KGB, het hy die kloue van NASA agente ontvlug. Martine was egter nie so gelukkig nie...
Vermom as 'n kung-fu meester, opnametegnikus of 'n boom het hy gereis deur woestyne,tropiese donderstorms,berge,savannah, flora en flauna tot hy uitendelik die magiese arktiese sirkel bereik het. Uitgeput het hy sy kop neergele, reg om die einde in die gesig te staar, toe hy 'n helder geklingel hoor. Moedsaam het hy sy kop opgelig en voor hom het 'n vrolike,ronde,bebaarde man,geklee van kop tot toon in rooi,gestaan. Die man beloof om ons geharde aap te asiel verskaf in ruil vir die belofte dat hy lewenslank sal sloof as 'n elfie in die man se werkswinkel. In sy ellende aanvaar die apie die man se aanbod. Gedurende stiller aande het ons held ook begin oom 'n advertensie agenskap te bestuur...
Kontak
Telefoon: 040 7432 431
Email: 
Adres: Kauppurienkatu 9 A 4. krs
Kontak ons deur die onderstaande vorm te voltooi.








